3 Afrikaanse Bybelstories
Noag en sy ark:
Hou jy van stories oor avonture en groot gevare?
Dan sal jy baie van die storie van Noag en sy ark hou.
Noag was 'n goeie man wat na God geluister het.
Die wereld was vol slegte mense wat nie na God geluister het nie.
God het eendag vir Noag gesê hy moet 'n groot boot bou en dit vol diere maak. Hy het ook vir Noag gesê Hy gaan 'n groot vloed stuur om die aarde te verwoes.
Hoe het Noag en sy gesin bly lewe?
Lees hierdie boek en vind uit hoe God Noag en sy ark teen die storm en die water beskerm het.
Dawid en Goliat
Hou jy van stories oor dapper helde en reuse vyande?
Dan sal jy baie van die storie van Dawid en Goliat hou.
Dawid was 'n jong skaapwagtertjie wat lief was vir God.
Goliat was 'n reuse soldaat wat God en sy mense gehaat het.
Hulle twee het eendag 'n geveg gehad wat alles vir altyd verander het.
Wie dink jy het gewen?
lees hierdie boek en vind uit hoe God Dawid gehelp het om Goliat met klippie en 'n slingervel te wen.
Jona en die walvis
Hou jy van stories oor wonderwerke en die grootste diere in die see?
Dan sal jy baie van die storie van Jona en die walvis hou.
Jona was 'n profeet wat nie na God geluister het nie.
'n Walvis het hom heel ingesluk en hy het drie dae in sy maag gebly.
Hoe het hy daar uit gekom?
Lees hierdie boek en vind uit hoe God vir Jona gewys het hoe sterk Hy is en hoe groot sy liefde is.
Elke boek is 'n harde blad boek met 29 bladsye
Die boeke is 17.5cm en gemaklik in klein hande
What's in the box
1 x Noag en sy ark boek
1 x Dawid en Goliat boek
1 x Jona en die walvis boek