Hekel en Word Heel

Hekel en Word Heel

Nadia de Kock en Hilda Steyn
4.610 Reviews
R 27.53
🚚 Ships in 7-9 work days

Nadia de Kock en Hilda Steyn

🛡️
Warranty
Non-Returnable.

Product Information

SKU54540062
Stock StatusIn Stock
Safe Checkout
’n Hekelboek met ’n verskil: Die leser kry nie net twintig patrone om te hekel nie, maar lees ook twintig vroue se roerende verhale oor hoe hekel hul lewe help red het. Hekel en word heel kombineer stories oor heling en kreatiewe motiewe en projekte. Hier is ’n hekelboek met ’n verskil. Vir die eerste keer in Afrikaans vertel vroue hoe hekel hulle deur moeilike en donker tye gehelp het. Stories wissel van verlies, werkverwante stres, depressie, siekte, die dood van ‘n kind tot emosionele en fisieke mishandeling. Twintig dapper vroue maak hul harte oop en vertel hul aangrypende verhale van stryd en uiteindelike oorwinning.

Omstandighede wat nie verander kan word nie, word deurgaans op ’n konstruktiewe en kreatiewe wyse hanteer en Hekel en word heel vier hierdie vroue se onblusbare gees. Die leser sal vol hoop voel ná die lees van die stories. Ons het ’n motief vir elkeen van hierdie twintig vroue se storie ontwerp en dit gebruik om persoonlike en huishoudelike artikels mee te maak. Gevorderde tegnieke is deurgaans gebruik om die beste moontlike eindresultaat te verkry. Entoesiastiese beginners sal ook geskikte patrone hier vind en daar is verwysings na hulpbronne indien dit nodig sou raak. Laastens het ons helder kleure ingespan, bont genoeg om jou dag mee op te vrolik.

What's in the box
1 x Book

More in Knitting