Koester Jou Swangerskap

Koester Jou Swangerskap

Jou Gids Vir 'N Kommervrye Swangerskap En Onvergeetlike Geboorte
4.79 Reviews
R 11.18
🚚 Ships in 3-5 work days

Jou Gids Vir 'N Kommervrye Swangerskap En Onvergeetlike Geboorte

🛡️
Warranty
Non-Returnable.

Product Information

SKU42482518
Stock StatusIn Stock
Safe Checkout

"As jy swanger is of swangerskap beplan, hoort hierdie boek op jou rak of jou bedkassie saam met Koester jou Baba en Slaap Kindjie Slaap." Tina Otte, skrywer, spesialisredakteur Your Pregnancy-tydskrif.
Swangerskap is 'n ervaring soos min. Dit is die begin van 'n nuwe lewe, maar ook die geboorte van 'n ma wat met die verloop van nege maande op elke denkbare manier verander - fisies, emosioneel en sosiaal. Jou voeding, welstand en emosies gedurende hierdie wonderlike tydperk speel 'n rigtinggewende rol in die res van jou baba se lewe. Die ervaring moet vir jou ook veilig en behoudend wees sodat jy jou baba reg kan laat wegspring en sy potensiaal ontgin. Die geboorte, wanneer jou baba haar verskyning in ons wereld maak, is 'n diep betekenisvolle oomblik - een wat jy nie kan herhaal nie. Deur ten volle ingelig te wees, jou opsies te verstaan en 'n aktiewe rol te speel in die keuses wat gemaak word, sal 'n enorme verskil maak. Uiteindelik is dit nie belangrik hoe jou baba gebore word nie; wat belangrik is, is hoe jy dit ervaar en dat alles veilig afloop. Lees Koester jou Swangerskap en raak ontslae van die angstigheid wat die onbekende meebring.
Dit sal jou help om jou keuses met insig en aanpasbaarheid uit te oefen: Voorbereiding vir swangerskap; Geboortekeuses; Jou groeiende baba week vir week; Jou veranderende liggaam week vir week; 'n Gids tot die geboorteproses; As jou baba te vroeg gebore word; Jou nuweling se eerste dae en weke.

More in Pregnancy & Childbirth