In 2019 het die Voetsporemanne hulle dertiende ekspedisie aangepak. Hierdie keer het hulle hul paspoorte by die huis gelos en net in Suid-Afrika gereis.
In 2019 het die Voetsporemanne hulle dertiende ekspedisie aangepak. Hierdie keer het hulle hul paspoorte by die huis gelos en net in Suid-Afrika gereis. Hulle het begin in die Kalahari en daarvandaan 'n draai gemaak in die Richtersveld, Namakwaland, Tankwa-Karoo, Klein-Karoo, Baviaanskloof, die Wildekus, suidelike Drakensberge, KwaZulu-Natal, om eSwatini, in die Wolkberge, die Limpopovallei en terug na die Kalahari.
Benewens pragtige foto's van die mooiste dele van ons land bevat hierdie reisgids ook: Name en telefoonnommers van gidse in elke streek; 4x4-roetes; Akkommodasiebesonderhede; 'n Paklys; Afstande tussen dorpe; Inligting oor beskikbaarheid van vulstasies en gesondheidsorg; Wetenswaardighede
What's in the box
1 x book